
Ervaring – waar mens die nodige vaardighede, kennis en insig opgebou het deur ‘n spesifieke uitkoms te bereik. Deur tweede natuur ingewerk is by die individu kan dit gesien word as al die ondervinding wat die individu opgebou het om die spesifieke uitkoms/doel te bereik.
Leer- is waar mens nuwe vaardighede en kennis opbou deur die praktiese en teoretiese aspekte van die uitkomste te verstaan en ook te interpreteer op jou eie unieke manier. Dit werk so dat wat mens leer moet altyd getoets word en daar word ook verder daarvan af geleer.
Ervaringsleer word gesien as ʼn individu se vaardighede, kennis en insig van al die ondervinding wat die individu ervaar het ook die leer rondom sy ondervinding wat getoets moet word om sy uitkomste/doel te beruik. Dit is leer van nog meer ervaring in die gebied waar die individu wil presteer. In ander woorde: mens bly altyd ʼn lewenslange leerder Maak nie saak hoeveel ervaring jy al op gebou het nie daar sal altyd iets nuuts wees wat jy kan leer.
Ervaringsleer geskied wanneer die student:
•’n aksie uitvoer
•die gevolge van die aksie waarneem
•’n veralgemening van die leerervaring
•'n beginsel formuleer
•die beginsel in ’n nuwe situasie
In die voltooiing van hierdie siklus moet die stappe ten opsigte van tyd naby mekaar plaasvind om van waarde te wees en ’n bespreking daarvan sal verseker dat die student die regte beginsel formuleer.